Shulgi

Shulgi
’n Silinderseël van Shulgi.
’n Silinderseël van Shulgi.
Bewind c. 2094-2046 v.C.
Voorganger Ur-Nammu
Opvolger Amar-Sin
Kinders Amar-Sin, Liwir-Mitashu
Koningshuis Derde Dinastie van Ur
Vader Ur-Nammu
'n Afdruk van die silinderseël hier bo.
Teks van die "Eie Lof van Shulgi (Shulgi D)".

Shulgi of Sjoelgi (𒀭𒂄𒄀 DŠulgi) van Ur was die tweede koning van die Derde Dinastie van Ur tydens die Sumeriese renaissance. Hy het 48 jaar lank regeer, van omstreeks 2094 v.C. tot omstreeks 2046 v.C. (middelchronologie) of moontlik van omstreeks 2030 v.C. tot 1982 v.C. (kort chronologie).[1][2][3]

Sy suksesse sluit in die voltooiing van die Groot Ziggoerat van Ur, waarvan bouwerk deur sy pa, Ur-Nammu, begin is. Op sy inskripsies noem hy homself "Koning van Ur", "Koning van Sumer en Akkad" en "Koning van die Vier Hoeke van die Wêreld". Hy het van die 23ste jaar van sy bewind af die simbool vir goddelikheid (𒀭) voor sy naam gebruik.[4]

  1. The Oxford companion to archaeology. 1. Ache-Hoho (in Engels). Oxford University Press. 2012. p. 458. ISBN 9780195076189.
  2. "Shulgi | king of Ur". Encyclopedia Britannica (in Engels).
  3. "Ur III Empire - Oxford Reference". Oxfordreference.com (in Engels).
  4. Potts, D. T. (1999). The Archaeology of Elam. Cambridge University Press. p. 132. ISBN 9780521564960.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy